Editor's noteLocal newsNews

DBV baat by kompetisie

‘n Skoonheidskompetisie ten bate van die Brakpan Dierebeskermingsvereniging word op 17 Mei aangebied, en inskrywings daarvoor is reeds oop.

King and Queen of the Nile word deur Charlize Venter, Natalie en Evan Krause aangebied en die fondse en dierekos wat ingesamel word sal aan die DBV geskenk word. Die Herald het al voorheen oor Natalie en haar boetie, Evan, se suksesse op die loopplank en by skoonheidskompetisies berig. Die kompetisie word 17 Mei by die Stable Inn Wedding and Conference Venue, in Strubenvale, Springs, gehou. Daar is verkeie ouderdomsgroepe, vanaf twee jaar tot die 25 jaar en ouer groep, waarin voornemende deelnemers kan inskryf. Deelnemers sal versoek word om op die dag van die kompetisie hond- of katkos saam te neem. Vir meer inligting kan Marriette Krause by 079 877 9228 gekontak word, of per e-pos by marriette@aerobrake.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button