Een van die hoogtepunte tydens die byeenkoms was beslis die aflosse, waarvan Die Anker sewe uit die 10 wat gehardloop is, gewen het.
Benewens dié prestasie het die junior atlete veral beïndruk. Tianie Cronjé (o-14) is as die junior victrix ludorum aangewys, en het goue medaljes in die 100m, 200m en die 400m gewen. Sy het ook ‘n totaal van 2 378 punte op die ABSA tabel ingesamel.
Hugo Claasen (o-15) is as die junior victor ludorum aangewys, nadat hy goue medaljes in die 100m, 200m en 400m losgehardloop het. Hy het ook ‘n silwer medalje vir hoogspring ontvang.
Hugo het ‘n totaal van 2 621 punte op die ABSA table verdien.
George Nell, hoof van Die Anker, het die atlete geloof vir hulle puik prestasies op die baan, sowel as hulle harde oefening en voorbereiding.



