NewsSchools

Die Anker se atlete is tops by Top-10

Hoërskool Die Anker het onlangs, op uitnodiging aan die PUK-Top 10 Atletiekbyeenkoms, op die Pilditch Stadion te Pretoria, gaan deelneem.

Dit is jaarliks een van die grootste atletiekbyeenkomste in Suid-Afrika, waaraan 83 skole van regoor die land deelgeneem het.

Skole soos Paarl Gimnasium, Afrikaans Hoër, Windhoek Gimnasium, Helpmekaar, Waterkloof en Boland Landbou het kragte gemeet.

Die Anker se uitblinker op die dag was die o-16 atleet, Buksie Swart, wat silwer medaljes in die 100m, sowel as die 200m, ontvang het.

Buksie het ook ‘n goue medalje vir die 1 023 punte ontvang, wat hy op die ABSA tabel aangeteken het. Dit was vir die 200m item, waar hy ‘n spogtyd van 22,01 sekondes gehardloop het.

Suzaan de Klerk het ook ‘n silwer medalje vir gewigstoot (o-19) ontvang.

Atlete wat net-net op medaljes uitemis het, is Jeandré van Vuuren (vierde in beide 100m en die 200m o-15), Danielle Immelman (vierde in die 400m o-19) en Tianie Cronjé (4de in 400m o-14).

Die Anker het 24ste geëindig uit 83 van die land se top atletiekskole.

“In die o-16 seuns se 200m item was daar ses uitdunne met agt atlete elk en dit was wonderlik om te sien dat Buksie algeheel tweede geëindig het, slegs 0.02 sekondes agter die wenner,” het Rocky Truter, sportdirekteur van die Anker gesê.

“Ons doel is om volgende jaar onder die top 20 te eindig,” het hy bygevoeg.

Hoërskool Die Anker het ook verlede Vrydag 73 atlete na die groter Brakpan byeenkoms gestuur, waar 64 van dié atlete gekwalifiseer het om aan die D5- byeenkoms, wat gister (Donderdag) gehou is, deel te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button