Editor's choiceLocal newsNews

Danser wil graag vlerke sprei

'n Talentvolle danser van Dalview, Charlize Ströh is baie opgewonde oor die vooruitsig dat sy, in Junie, in Blackpool, Engeland, kan gaan dans.

Charlize is onlangs deur die South African Dance Teachers Association (SADTA) meegedeel dat sy gekwalifiseer het om aan die 2014 Wêreld “Freestyle” solo kampioenskappe in Engeland te gaan deelneem.

Die leerder van Hoërskool Die Anker dans sedert 2009 en konsentreer veral op “freestyle”, solo en hip hop. Sy is van plan om binnekort ook met disco dans te begin.

Oor die vooruitsig om aan die wêreldkampioenskappe te gaan deelneem is Charlize baie opgewonde.

“Dit is ‘n droom wat waar geword het en ek sien ongelooflik baie uit daarna,” het sy gesê.

Uit die aard van die saak is die kostes wat aan so ‘n kompetisie verbonde is baie hoog, en Charlize en haar trotse ouers, Suret en Michael Ströh, doen nog beplanning sodat die geleentheid nie deur hul vingers glip nie.

“Ek en Michael is baie trots op ons kind en ons gaan alles in ons vermoeë doen om die fondse in te samel.”

“Dit is waarlik en ‘n eer en ‘n voorreg dat sy gekies is om in Engeland te gaan dans,” het Suret gesê.

Charlize vertel dat sy twee keer ‘n week vir drie uur op ‘n slag by haar dans ateljee (Center Stage) oefen, maar dat sy ook baie by die huis oefen.

Wanneer sy nie besig is om te dans nie, geniet sy dit om haar ander talente in te span. Sy is kunstig en teken graag, en neem ook elke jaar aan die kunswedstryde deel.

“Ek glo daaraan dat ons talente van Ons Vader ontvang en dat ‘n mens jou talente moet gebruik en jou droom moet laat leef,” het Charlize gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button