LettersOpinion

Motor moedswillig beskadig

Motoris van Brakpan-sentraal skryf:

Ek wil net baie dankie sê vir die persoon wat Saterdag (1 Maart) my dag total en al ontsier het, en ook vir my groot skade in die sak gebring het.

Ek en my vrou het by ‘n supermark op die dorp stilgehou en gou ‘n paar goed gaan koop.

Toe ons terug kom by my kar (‘n redelike nuwe Volkswagen Polo) was daar ‘n diep krap aan die passasierskant.

Dit kan moontlik deur ‘n kruidenierswaretrollie veroorsaak gewees het, maar dit lyk vir my na ‘n moedswillige krapmerk met ‘n skerp voorwerp.

Ek wonder of dit te make het met die feit dat ons die karwagte en die motorwassers weggewys het.

Een ding is verseker, ek sal beslis beter beplanning doen as ek voortaan inkopies gaan doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button