CrimeEditor's choiceNews

Diewe stuit vir niks nie

Cover All Hardwarde and Buidling Supplies in Anzac was verlede Donderdagoggend vroeg vir die soveelste keer die teiken van diewe, wat ten spyte van optimale veiligheidsmaatreëls, toegang tot die perseel verkry het.

Die diewe het dié keer weggekom met ’n battery van ’n vragmotor asook dele van ’n groot ratkas.

Die Herald het onlangs berig oor dié besigheid se stryd met ’n vlaag van diefstalle, ten spyte van die feit dat sekuriteit tot die uiterste gevoer word.

Tydens dié voorval is ’n wag erg aangerand deur die oortreders en moes hy gehospitaliseer word. Die diewe het 18 kanne oor die muur gegooi waarin hulle waarskynlik brandstof en diesel wou tap. Hulle is egter deur die wag betrap en kon nie hul plan deurvoer nie.

Donderdagoggend, ongeveer 1.50vm het twee mans daarin geslaag om oor die elektriese heining te klouter waarna hulle die battery en dele van die ratkas gesteel het.

Wiekus Bothma, bestuurder van Cover All het gesê dat die situasie nou onuithoudbaar word.

“Ons het sedert die laaste voorval addisionele veiligheidsmaatreëls aangebring maar dit blyk steeds nie genoeg te wees nie,” het Wiekus gesê.

Die mure rondom die perseel is al aan die binnekant met staal versterk aangesien diewe voorheen die mure aan die onderkant afgebreek het, om toegang tot die perseel te verkry.

Daarbenewens is daar ’n hoë palisade heining, waarop geëlektrifiseerde draad aangebring is.

“Die sekuriteitswagte -kameras, -ligte, en ander maatreëls wat ons in plek het blyk ook nie om genoeg te wees om die skelms af te skrik nie,” het Wiekus gesê.

Die jongste voorval is by die SAPD aangemeld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button