Local newsNews

Stuur ‘n sms en help só

Die Ondersteuningsraad van Brakpan is tans besig met ‘n fondsinsamelingsprojek wat deur Solidariteit Helpende Hand van stapel gestuur is.

Die projek behels dat 500 sms’e teen ‘n koste van R2 per sms na ‘n sekere nommer gestuur word.

Sodra die 500 sms’e ontvang is, sal Brakpan se Ondersteuningsraad R45 000 van die Solidariteit Helpende Handprojek ontvang.

“Ons het die fondse broodnodig en dit sal vir ons in staat stel om groot hulpverlening aan die behoeftige mense in ons gemeentskap te bied,” het Karien Keeve, maatskaplike werker van die Ondersteuningsraad gesê.

Volgens haar was daar reeds goeie steun vir die projek, maar word daar nog sowat 180 sms’e benodig.

Persone wat die projek wil ondersteun kan die woorde Projek Sypaadjie na 34388 stuur. Die sms sal R2 kos en ‘n sms kan slegs een keer van dieselfde nommer gestuur word. Die persoon wat die sms stuur moet ook ouer as 18 jaar wees.

Related Articles

Back to top button