Leer om naaldwerk te doen
Vroue wat belangstel om te leer hoe om naaldwerk te doen kan voortaan klasse by die Ondersteuningsraad van Brakpan bywoon.

Dié organisasie het ‘n tyd gelede ‘n naalwerkgroep op die been gebring om vroue, wat werkloos is, ‘n vaardigheid aan te leer.
Mona Loubcher, hulp maatskaplike werker, het verduidelik dat bereidwillige vroue geleer word om naaldwerk te doen en soedoende vir hulself werk te skep.
“Ons wil nou graag die projek uitbrei na vroue wat nie noodwendig van die Ondersteuningsraad se dienste gebruik maak nie, maar tog, teen ‘n baie billike fooi, wil leer om naaldwerk te doen,” het Loubcher verduidelik.
Die eerste klas sal volgende Saterdag (31 Mei) vanaf 8.45vm tot 1nm plaasvind, en daarna elke tweede Saterdag van die maand aangebied word.
“Enigiemand is baie welkom om by die klasse, wat deur ‘n kundige aangebied word, by te woon,” het Loubcher gesê.
Sy het bygevoeg dat die Ondersteuningsraad genoeg naaldwerkmasjiene het om almal te akkommodeer, maar dat belangstellendes welkom is om hul eie masjiene saam te neem.
Persone wat belangstel moet vooraf vir Loubcher kontak by 011 740 9310.



