CrimeEditor's noteNews

Meer honde word vergiftig

‘n Vrou wat Donderdag vir haar siek kind in die hospitaal gaan kuier het, het met haar terugkeer na haar huis gesien dat ‘n tweede worshondjie van die gesin vergiftig is.

Iemand het die vorige dag (Woensdag) daarin geslaag om een van die twee worshonde te vergiftig.

“Ek het Donderdagoggend om ongeveer 10vm by my huis in Kitzingerlaan gery, om my kind, Melissa, in die hospitaal te gaan besoek,” het Trudie Meyer gesê.

“Ek was so teen 1nm terug by die huis en het gesien dat ons ander worshondjie op die gras lê.

“Skuim het by die arme dier se mond uitgeborrel en hy was reeds dood,” het Trudie gesê.

“Dit is baie ontstellend om jou diere so te sien en dit is ook kommerwekkend, want ‘n mens weet nooit wat die voglende stap van die booswigte gaan wees nie.

“Nie lank nadat ek by die huis gekom het, het ek ‘n swart plastieksak, wat aan die hek vasgebind was, opgemerk. Dit was baie beslis nie daar toe ek teruggekeer het van die hospitaal nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button