Editor's choiceLocal newsNews

Twee prag motorfietse in brand vernietig

Die vinnige optrede van bure asook die brandweer het Maandagoggend verhoed dat ‘n brand, wat in ‘n motorhuis van ‘n huis in Minnebron ontstaan het, na die res van die huis versprei en groter skade aanrig het.

Die brand is beperk tot die motorhuis en ten spyte van die feit dat twee waardevolle motorfietse totaal uitgebrand het, is die eienaars verlig dat die brand nie verder versprei het nie.

Ben en Swanette Lavin van Kalkstraat het Maandagoggend groot lof gehad vir hul bure en selfs vreemde mense wat gou opgetree het.
Swanette het aan die Herald gesê dat sy ongeveer 8vm nog in die motorhuis was voordat sy gery het.
“Ek was skaars op die hoek van ons straat toe my buurman, André Viljoen, my bel en sê dat die motorhuis brand,” het sy vertel.

Ons tuinhulp het intussen probeer om die vlamme met die tuinslang te blus en ander weldoeners het ook gepoog om goed uit die motorhuis te kry.
Volgens Swanette was verskeie brandweerwaens gou op die toneel en is die vlamme onder beheer gebring.

‘n 2013 BMW motorfiets en ‘n seldsame 1979 model (ook ‘n BWW) het egter in die slag gebly en is heeltemal vernietig.
Daar was ook gasbottels in die motorhuis wat gelukkig nie ontplof het nie.
“Ons is baie dankbaar teenoor almal wat die nooddienste gebel het en vinnig nader gestaan het om te help,” het Swanette gesê.

William Ntladi, die media skakelpersoon vir die Ekurhuleni Nooddienste het ook die brandtoneel besoek.
William Ntladi, die media skakelpersoon vir die Ekurhuleni Nooddienste het ook die brandtoneel besoek.

 

Meer foto’s

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button