Inwoners is keelvol vir kragonderbrekings
‘n Groot gedeelte van die dorp was Woensdag vir etlike ure sonder krag, wat tot groot ergernis en ongerief vir die inwoners gelei het.

Dit was die soveelste kragonderbreking in die afgelope tyd, wat sonder waarskuwing gekom het.
Woensdag is Brakpan-sentraal, Anzac en Brenthurst geraak en talle besighede was genoop om hul deure vir die dag te sluit.
Die krag was vanaf 4vm af en het eers om 2nm op seker plekke begin aangaan.
Daar was egter verdere onderbrekings tussen 5nm en 9nm.
Die eienaar van ‘n haarsalon in Brakpan-sentraal het, soos talle ander besigheidsmense, heftig gereageer en gesê dat die situasie heeltemal onaanvaarbaar is.
“Soos dit is sukkel ons om ‘n bestaan te maak. Ek moes basies al my klante wegwys,” het die vrou, wat gevra het dat haar naam nie genoem word nie, gesê.
“Dit sal help as ons gewaarsku word, maar dit gebeur ook mie,” het sy bygevoeg.
Die Ekurhuleni Metro het aangedui dat die onderbreking te wyte was aan vandalisme by die Van Eck kragstasie.
Inwoners van die dorp het hul misnoeë te kenne gegee op die Herald se Facebook blad.
Onder volg van die kommentaar wat gelaat is. (In sommige gevalle is dit effens gewysig).
*Pieter van der Merwe: Hmmmm hoe weet jy Brakpan het elektrisiteit? Die straatligte brand. Ai, net in Brakpan ek het nou al meer gasbottels as kos in die huis.
* Ria Puchert: Ons is nou gatvol!!! Saterdag 6 September en Donderdag 11 September en Woensdag 17 September sonder krag!!!! En ook die water kwessie! Ons was Sondag op 7 September sonder water in Brenthurst.
* Susan van Rheede: Dis regtig flippen pateties! Ek is al gatvol vir die situasie! Die krag is al van 2 uur vanoggend al af ! My hele huishouding staan as gevolg van die crap!
* Jinx Tasha Terblans: When will this power problem be resolved for good? The power went on for about a half an hour and then POOF gone again!!!! GRRR! I don’t think these “highly educated persons” working at the Ekurhuleni has any clue as to what’s going on!!! If you phone them one person tells you its maintenance, another tells you it is cable theft! Now I ask you if they don’t even know what the hell is going on how will they fix this problem?
* Hettie du Plessis: Ja ek ook gatvol. Ek bly sewe jaar in Brakpan het meer sonder krag gewees as 32 jaar in Germiston.
* Tunica-Ché Coetzee: It amazes me, because in an article posted by Brakpan Herald last week it clearly stated that only Brakpan North was supposed to be affected. Now almost the whole of Brakpan CBD is without power, again!!! It would be nice to get a “head’s up” so we can be prepared, but alas we are literally “in the dark” when it comes to the power outages.
* Anna-Marie Pretorius: Mens raak nou net gatvol. Hoe de hel moet ons klaarmaak vir werk en kinders regkry vir skool. Hulle is vinnig om jou krag te kom sny, as jy agter is maar al betaal jy gereeld is dit ook meer af as aan. Nee wat, die dorp het al lankal ‘n spookdorp geword, geen wonder die mense trek uit Brakpan uit nie.
* Sanet Engelbrecht Oosthuizen: Maar die beste deel hier is ons moet elke maand ons DUUUUUUUR krag rekening betaal en ekstra gelde vir alternatiewe krag. Dit is seker een van die patetiese dorpe om in te bly.
* Maureen Tempelman O Callaghan: Ek moes nood gedwonge besigheid toemaak, kan nie sonder krag werk nie, hulle gee nie om dat ons klein besighede so sukkel, dan nog moet verloor. Toe ek bel se hulle my dat ek moet voorsien dat ek ‘n kragopwekker het. As dit net so maklik is. ‘n Kleintjie sal ons krag nie kan voorsien nie. Flip dit maar rekening bly maar net hoog .
* Claire Smith: Think we should all knit one skip one on our electricity bills like our power has been.
* Sandra Smuts: Wonder wat sal gebeur as ons ook alles begin stukkend slaan en klippe gooi? Dit werk vir ander. Kom in opstand dan word als gou reggemaak! Hoekom krag rekenings betaal as jy wat wel betaal sonder krag sit vir ure aanmekaar!!
* Johan Wilkens: Dis nou regtig sommer !#@ die genoeg is genoeg!
* Monique Reeve: I am so sick of the pathetic service delivery in Brakpan I can puke from it. How are we ever supposed to live normal lives when stuff is never working in this pathetic excuse for a town. They said last week Brakpan North etc would be affected not the whole one part of town!
* Sandra Smuts: Gatvol verby vir Brakpan se krag! Vleis en kos moet net weggegooi word! En wie worry oor dit? Oorweeg ernstig ‘n ander dorp. Erg is erg!
* Annamarie Jacobs: Kan nie glo dat dit altyd net Brakpan is nie. Dink mense voel al so sleg om te se waar hulle bly.
* Annelize Roux: Vir wat is Brakpan so vol krag onderbrekings die besighede sukkel alreeds so.
* Desire Dixon: hopelik bars my geyser nie weereens nie!
* Santie Pretorius: Dis ‘n klomp snert regtig, elke een het ‘n ander verskoning regtig.
* Geraldene Kruger: Not acceptable, once in a blue moon one can understand, but weekly? It is pure and utter incompetence.
* Duane van der Sandt: Ons gaan eerder nie in op die oorsaak nie. Ons almal weet waarom dit so gaan.



