Twee jong inwoners van Springs, Anneke (10) en haar boetie, Nathan (12) Louw, het Sondag saam met hul ouers die Just Wheels Motorklub se opedag in Brakpan besoek. Hulle staan hier by ’n 1972 Volkswagen Beetle wat deur die eienaar, Dirk Grové, in iets besonders omskep is.
Die tema van die Just Wheels Motorklub se opedag, wat Sondag plaasgevind het, was Bikes and trikes. Die opedag is deur honderde besoekers bygewoon.
Die Just Wheels Opedag bied die geleentheid vir oud en jonk om ‘n dag in die varslug te geniet. Een van Sondag se jonger besoekers is Ardon Killian (2) van Putfontein.
Soos gewoonlik kon besoekers ook die geleenheid kry om bloed te skenk. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens is by elke opedag teenwoordig sodat mense bloed kan skenk. Mario Mostert van Brakpan skenk gereeld bloed en het van die geleentheid gebruik gemaak.
Of dit nou ’n blink, brullende ysterperd was of een met minder woema, daar was ’n groot verskeidenheid voertuie en motorfietse te sien.
Frans en Mariet Gerber van Bonaero Park het beslis die aandag getrek met hulle unieke driewiel motorfies en valhelms. Hulle het tong-in-die-kies vertel dat hulle onder motrofietsryers bekend is as die Varkies.
Die tema van die opedag was Bikes and trikes. Daar was ook geen tekort aan motorfietse en vele unieke driewiel motorfietse.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!