Local newsNews

Man kry erg seer toe hy in oop mangat val

‘n 57-Jarige man het Sondag talle beserings aan sy lyf opgedoen toe hy in ‘n mangat, wat net met ‘n dun plank bedek was, geval het.

Henry Sparmers het niksvermoedend op die stuk hout getrap en tot onder sy arms in die onbedekte mangat geval.

Die feit dat sy liggaamsbou redelik groot is het waarskynlik vehoed dat hy tot onder in die gat geval het.

Henry het Sondagoggend na ‘n huis in Rangeviewweg, Dalpark 11, gaan kyk. Die huis is naby ‘n in- en uitgangshek van die Mall@Carnival geleë.

“My man en skoonseun, Shane Cox, het in ‘n oopstuk grond naby die huis gestap toe hy op die stuk hout getrap en in die gat geval het,” het Debbie Sparmers gesê.

Volgens haar, het haar kleinkind, Taylor Cox (7), die vorige naweek op die stuk hout gespring terwyl sy saam met haar ouers by die huis was.

“Dit is ‘n wonderwerk dat sy nie deur die hout getrap en in die oop mangat geval het nie; sy is klein en ek wil nie eens aan die gevolge dink nie,” het Debbie gesê.

Henry het diep skraapwonde en kneusplekke aan sy bene, arms en bolyf opgedoen. Hy het ook van sy ribbes beseer.

“Shane het intussen ‘n groot stuk sement oor die gat geplaas, maar dit bly steeds ‘n groot gevaar,” het Debbie gesê.

“Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat daar oop mangate in die dorp is.”

Debbie het ook aangedui dat hulle regsadvies gaan inwin.

Meer foto’s

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button