LettersLocal newsNewsOpinion

Tehilla Fees was ‘n sukses

Past André en Ronell van Rensburg skryf:

Die Pinkster Kerk van Christus, Brakpan-Noord, se feeskommitee wil graag almal bedank wat die Tehilla Fees, wat op 4 Oktober plaasgevind het, bygewoon het.

Die fees is op die sportgronde van Laerskool Die Arend gehou.

As herderspaar van die gemeente wil ons graag vir al die uitstallers dankie se vir hul ondersteuning op die dag. Veral ook aan die uitstallers wat die lofprysingsfees bygewoon het.

Die sangers, onder andere Leon Goosen, Dorsland, Calvery, Echoes, Rudi Muller, Marlene Vermaas, Estelle Cilliers en Shirley Louw, wat deur die dag opgetree het, was uitstaande.

Benice Borman, saam met Sias en hul orkes, het ook ‘n besondere bydrae gelewer.

Die fees was ‘n sukses en ons bedank almal wat ‘n bydrae gelewer het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button