Editor's choiceNewsSchools
Nuwelinge dra swaar aan hulle name
Die nuwe graad agt leerders aan die Hoërskool Stoffberg kan beslis nie sê dat hulle verlede week, op die eerste skooldag, heeltemal vreemd was nie.
Die “Ibi dio salmetium et ovas” soos die groentjies bekend staan, is ‘n dag voor die skool begin het mooi touwys gemaak.
Die nuwelinge het ‘n inligtingsessie in die skoolsaal gehad, waarna hulle die skoollied en hul kreet geleer het.
Elkeen het daarna ook sy eie T-hemp, wat hulle tydens die orienteringstydperk dra, geverf.
Later die middag het die groentjies spanbou-speletjies gespeel, waarna hulle touwys gemaak is in atletiekitems, wat nie so bekend is by die laerskole nie. Die items sluit in spiesgooi, diskusgooi en hekkies.
Die opwindende dag is die aand afgesluit met ‘n braai, wat deur die nuwelinge en hul ouers geniet is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



