Editor's choiceLocal newsNews

VLU deel pryse uit

Na ‘n jaar van interessante kompetisies het die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie Dinsdagoggend sy jaarlikse prysuitdeling gehou.

Lede van die organisasie neem gedurende die jaar vrywillig deel aan kompetisies, waartydens hul, hul vaardighede met ondermeer gebak, mikrogolf kookkuns, naaldwerk, fotografie, blommerangskikking en selfs skryfkuns op die proef stel.

Drie bestuurslede van die Goudrifstreek, naamlik Nina Nel (streekvoorsitter), Lulu Pieterse (visie-streekvoorsitter) en Linda Botha (skakelbeampte), het ook die prysuitdeling bygewoon.

Susan Potgieter het die trofee vir die meeste punte ontvang.

Lede ontvang deur die loop van die jaar punte vir die verskillende afdelings waarvoor hulle inskryf. Die punte word bymekaar getel om die algehele wenner aan te wys.

Lede wat in die ander kategorieë trofees gewen het is: Hettie Basson (oop afdeling); Marie Brits (naaldwerk); Sjaan Buchel (skryfkuns, fotografie en vagvesteld); Myra Smit (breiwerk); Sylvia Smit (gebottel en mikrogolf); Susan Potgieter (gebak, hekelwerk en blomme).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button