Die enigste nuwe wending in die saak is dat twee mans verlede Maandag gearresteer is nadat hulle glo besittings van die vermiste David John Bradsley verkoop het.
’n Groot soektog is van stapel gestuur nadat Bradsley as vermis aangemeld is by die Brakpan polisiestasie.
In die soektog is daar gekonsentreer op ’n veld oorkant die huis waar Bradsley in Joneslaan gewoon het.
Dit het gevolg nadat ’n duvet, wat bloed aangehad het, en wat aan Bradsley behoort het, in dié veld gevind is.
Verlede Dinsdag het ’n groot groep vrywilligers, wat lede van die SAPD en die publiek ingesluit het, vir ure in die veld gesoek na moontlike leidrade.
Die veld soektog is vir eers gestaak maar enige nuwe inligting sal opgevolg word.
Die twee verdagtes (38 en 30 jaar) het verlede Maandag, op ’n aanklag van diefstal in die Brakpan Landdroshof verskyn. Die vermeende diewe sou weer Woensdag in die hof verskyn.
Lees ook:
Twee gearresteer wat besittings van vermiste man verkoop
Soektog na vermiste man verskerp nadat bebloede duvet in veld gevind is
Soektog na vermiste man gaan voort