Vermiste se verdwyning steeds ‘n raaisel
Die SAPD het bevestig dat daar steeds geen teken van David John Bradsley (51) is nie.
Hy het in Joneslaan saam met ander mense gewoon voor hy spoorloos verdwyn het.
Bradsley is op 19 Junie as vermis aangemeld. Die soektog na hom is vroeër verskerp nadat ’n bebloede duvet, wat aan hom behoort het, in ’n veld naby die huis, waar hy gewoon het, gevind is.
Lede van die Brakpan SAPD, Benoni en Soweto se K9 soek-en-reddingseenhede, die Brakpan Radio Groep en vrywilligers het die veld gefynkam en hope grond omgedolwe, maar geen verdere leidrade gevind nie.
Enige persoon met inligting kan vir Kapt Peet van der Schyff by 011 744-4940 kontak.
Lees ook:
Soektog na vermiste man verskerp nadat bebloede duvet in veld gevind is
Soektog na vermiste man gaan voort
Twee gearresteer wat besittings van vermiste man verkoop
Geen nuwe leidrade in Bradsley soektog nie



