NewsSchool sportSchoolsSport

Anker se sewes stoomroller voort

Hoërskool Die Anker het vir die tweede agtereenvolgende naweek sy stempel op die sewes rugbyveld afgedruk.

Tydens die afgelope naweek se Glenwood Toshiba sewes toernooi in Durban het Die Anker se B-span die ‘bowl-trofee’ ingepalm.

Die A-span het weer spogrugby gespeel en baie vinnig die guns van die toeskouers gewen toe hulle vyf van hulle ses wedstryde met meer as 45 punte kaf gedraf het.

Die span, wat die plaatwenners van die toernooi was, het net hul wedstryd teen Westville verloor.

Westville het met Glenwood in die finaal afgereken.

Hierdie puik sewes prestasies volg op die vorige toernooi waar Die Anker se A-span ook die beker en die B-span die ‘bowl-trofee’ gewen het.

Slegte nuus is dat Michael Williams, wie vir die B-span speel, sy enkel in die finaal ontwrig het.

Hy is per ambulans na die hospitaal geneem waar hy onmiddellik behandel is. Michael is Sondagmiddag uit die hospitaal ontslaan en het saam met sy span weer terug gereis.

“Ons het nou met twee spanne in twee toernooie reeds vier trofees huis toe gebring. Dis voorwaar iets om op trots te wees,” het die afrigter Rocky Truter gesê.

Lees ook:

Die Anker se sewes is goed op dreef

Related Articles

 
Back to top button