Local newsNews

Bekende besigheidsman oorlede

Jaime Camara (69), wat vir jare lank ‘n susksesvolle besigheid op die dorp bedryf het, is Dinsdagaand, by sy huis in Dalview, aan ‘n hartaanval oorlede.

Jaime het die Good Luck Supermark en drankwinkel in Voortrekkerweg vir sowat 38 jaar besit en bestuur.

In die tyd het hy honderde vriende gemaak. Hy was altyd gereed met ‘n grappie en, waar hy kon, het hy gehelp.

Jaime het na sy aftrede in 2010 dinge so ‘n bietjie kalmer begin vat en graag gholf gespeel.

Hy het baie tyd aan sy tuin en groentetuin by sy huis in Bekkerweg, Dalview, spandeer en hy het dit ook geniet om vis te vang.

James laat drie seuns, Mario, Jaime en Armado agter, asook sewe kleinkinders.

Die begrafnis vind môre (Dinsdag) om 1nm vanuit die Katolieke Kerk, in Queenlaan, plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button