Editor's noteLocal newsNews

Onwelkome besoeker jaag Dalpark gesin op hol

Die Bouwer-gesin wat in Dalpark woon het Vrydagmiddag ’n rinkhals ontdek in hulle agtererf.

“My ses-jarige seun (Rinaldo) het buite in die tuin gespeel,” het Karin Bouwer aan die Herald vertel.

“Hy was gefassineerd deur ’n groot vet padda en my seun het hom die heeltyd gevolg.

“Rinaldo het toe ewe skielik ’n rinkhals sien penregop staan so ’n meter van hom af. Die rinkhals was aggressief met Rinaldo gewees, maar darem weet my seuns dat hulle nie met slange peuter nie.

“Rinaldo het dadelik omgedraai en geskree vir hulp.”

Die Bouwer-gesin behoort aan die Brakpan Radiogroep, wat hulle dadelik te hulp gesnel het.

“Ek het die Brakpan Radiogroep gekontak en binne vyf minute was hulle by my huis gewees.”

“Ek was maar self baie bang en het van binne die huis af probeer foto’s neem terwyl hulle die slang gevang het.”

“Dit is net deur genade dat my seun nie beseer is nie.”

Onlangs het die Brakpan DBV ook ’n onderonsie met ’n rinkhals gehad wat gevind was in een van die hondehokke (lees meer hier).

Die rinkhals was deur lede van die African Snakebite Institute verwyder.

Inwoners word aangeraai om nie self slange te hanteer nie, maar eerder ’n plaaslike slangekenner te kontak.

Brakpan inwoners kan vir Shawn Hefer, van die African Snakebite Institute, kontak op 084 383 7082 as hulle ’n slang teëkom.

Lees ook:

Snakebite on pets can be fatal

Camping, hiking, sightseeing – be prepared

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button