Laaste kans om ‘n verskil te maak
Daar word beoog om vir sowat 200 volwassenes en 200 kinders kos te gee.

Hanrimed Apteek is vir ’n geruime tyd reeds besig om items in te samel vir ’n uitreikingsprojek, wat die personeel van die apteek aanpak.
Die plan is om Sondagoggend tyd by die Verre Oosrand Hospitaal te spandeer en kospakkies asook eetgoed en speelgoed uit te deel.
Die organiseerders het die publiek wat reeds items na die apteek geneem het bedank vir hul bydraes.
Daar is egter nog tyd om vandag (Vrydag) goedere te skenk.
Die volgende word nog benodig: lekkers, koekies, blikkies kos, speelgoed asook donasies wat aangewend sal word vir die aankope van maalvleis, broodrolletjies en worsies.
Daar word beoog om vir sowat 200 volwassenes en 200 kinders kos te gee.



