Brakpan Boksklub samel fondse in om span Kimberly toe te stuur
Die vier boksers en twee afrigters gaan die Gauteng-span verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Amateur Bokskampioenskappe.
Brakpan Boksklub het vier boksers en twee afrigters in die Gauteng-span wat vanaf 29 September tot 3 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Amateurbokskampioenskappe gaan deelneem.
Afrigter Steven Labuschagne sal die span afrig, terwyl afrigter Jaco Visagie as spanbestuurder sal optree.
Die boksers wat in die junior- en kadetafdelings deelneem, is JP Visagie, Braam Labuschagne, Talitha Roos en Dejandré Labuschagne.
Om hul reis na Kimberley, waar die kampioenskappe plaasvind, te help befonds, het die span op 2 Augustus blikke geskud by die Pick n Pay Sherwood Gardens.
Daar is egter steeds fondse nodig. Enigiemand wat die span wil ondersteun, kan Elize Labuschagne by 084 319 4487 kontak.
ALSO CHECK: Athlete goes the distance to help feed communities
ALSO CHECK: Brakpan Boxing Club shines at gender-based violence awareness tournament



