Sonneveld Akademie boogskutter blink op interprovinsiale toernooi uit
Die matriek leerder het by 'n onlangse interprovinsiale kompetisie gekwalifiseer om by SA's deel te neem, en ook in Botswana.
Schalk Burgers, ‘n matriekleerder aan Sonneveld Akademie, het op Augustus 1 aan die interprovinsiale toernooi van Africa Genesis Archery South Africa (AGA SA) deelgeneem, waar hy saam met nog 15 boogskutters vir die Gauteng A-span gekies is.
Hy sal nou van September 28 tot Oktober 3 aan die AGA SA Nasionale Toernooi in Jeffreysbaai deelneem.
Voor dit wag egter nog ‘n internasionale uitdaging. Schalk neem van Augustus 12 tot 16 aan die AGA Afrika-kampioenskap in Lobatse, Botswana, deel nadat hy reeds verlede jaar daarvoor gekwalifiseer het.
Hy vertrek ná die Vrouedag-langnaweek na Botswana en keer op 16 Augustus terug, net betyds om die volgende Maandag sy eerste rekordeksamenvraestel af te lê.
Ten spyte van sy besige sportprogram laat Schalk nie sy akademie daaronder ly nie. Hy was in die tweede kwartaal onder die skool se topvyf-presteerders.
Dit is vir hom belangrik om sy akademiese standaard hoog te hou, aangesien hy volgende jaar regte wil studeer met die doel om as prokureur te kwalifiseer.
ALSO CHECK: Brakpan boxer crowned youth heavyweight national champion
ALSO CHECK: Laerskool Môrewag kondig top 10 akademiese presteerders aan



