Plek wat na kinders omsien het jou hulp nodig
“Ons het egter net ‘n dringende tekort aan komberse. Die winter is op ons en ons wil graag hê dat die kinders lekker warm moet slaap.”

Die Jabes Care Centre, wat onlangs gestig is, is ‘n plek van veiligheid waar seuns tussen die ouderdomme van sewe en 13 jaar gehuisves word.
Die fasiliteit het reeds ses seuns ingeneem, wat versorg word.
Omdat dit ’n plek van veiligheid is, kan die spesifieke ligging daarvan nie bekend gemaak word nie, maar dit sal wel in Brakpan-sentraal geleë wees.
Mona Loubser, een van die stigters van die plek het gesê dat hul planne goed verloop.
“Ons het egter net ‘n dringende tekort aan komberse. Die winter is op ons en ons wil graag hê dat die kinders lekker warm moet slaap,” het Loubser gesê.
Sy het bygevoeg dat enige skenking van kos ook welkom sal wees.
Loubser kan gekontak word by 073 209 9622.
Lees ook:
DBV liefdadigheidswinkel meer toeganklik



