Kroon soek weer baas
Die soektog vir Mej Carnival Toyota 2016 is reeds volstoom aan die gang.
Die soektog vir Mej Carnival Toyota 2016, wat tydens vanjaar se Pannefees aangewys sal word, is reeds volstoom aan die gang.
Die Pannefees word vanjaar op 30 September en 1 Oktober gehou, maar inskrywings vir die Mej Carnival Toyota 2016 kompetisie kan nou reeds gedoen word.
Belangstellendes sal in sewe kategorieë, volgens ouderdom, kan meeding en daar is goeie pryse op die spel.
Dit is noodsaaklik om die amptelike inskrywingsvorm, wat op die webtuiste van die Pannefees, www.pannefees.co.za beskikbaar is (of kliek op die volgende Mej Carnival Toyota Inskrywingsvorm), te voltooi.
Die kompetisie se reëls word duidelik daarop uiteengesit.
Lees ook:
Wenners van Mej Carnival Toyota (2015)
Kyk hier na meer foto’s van verlede jaar se Pannefees



