Laaste kans om te help
Die wintermaande sorg jaarliks vir groot nood onder minderbevoorregtes van die dorp.

Die Herald het vanjaar weer, soos in die afgelope nege jaar, ‘n projek aangepak om warm kledingstukke soos sokkies, handskoene, serpe, mussies, asook komberse in te samel.
Die wintermaande sorg jaarliks vir groot nood onder minderbevoorregtes van die dorp.
Die projek het onlangs ‘n welkome hupstoot gekry toe leerders van die St Columba’s Skool in Benoni honderde pare kleurvolle kinderkouse geskenk het.
Die skool ondersteun reeds die afgelope drie jaar die winterprojek.
Die Herald sal nog tot Dinsdag (12 Julie) goedere ontvang.
Items, soos bo genoem, kan by ons kantoor te Van der Waltstraat 61, Dalview, afgelewer word.
Die items, wat ingesamel is, sal aan welsynsorganisasies van die dorp oorhandig word, waarna dit dan onder minderbevoorregte en behoeftige persone versprei sal word.



