Stuur jou matriekafkskeidfoto’s
Matriekulante word uitgenooi om foto’s van hul matriekafskeid met ons te deel.

Foto’s wat ten minste 1MB in grootte is kan per e-pos gestuur word na malissas@caxton.co.za, of by ons kantoor, te Van der Waltstraat 61, Dalview, ingehandig word.
Dit is baie belangrik om die name en vanne van die persone in die foto aan te dui, watter skool se matriekafskeid dit was, asook waar die funksie gehou is.
Foto’s wat nie dié besonderhede by het nie sal nie gepubliseer word nie. Foto’s wat van swak gehalte is, of digitaal gemanipuleer is, sal ook nie oorweeg word vir plasing nie.
Foto’s wat ontvang word sal van nou tot die einde van die jaar in die Herald gepubliseer word.
Alhoewel ons alles in ons vermoë sal doen om al die foto’s te plaas, kan ons nie verantwoordelik gehou word indien alle foto’s nie verskyn nie.
Daar is geen koste verbonde aan die plasing van ‘n foto nie.
Ons wil ook graag hoor van matrieks wat ongewone staaltjies te vertel het.
As daar ‘n storie agter jou spesiale rok is, of as jy op ‘n baie buitengewone manier jou opwagting gemaak het, wil ons dit graag hoor.
Moenie wag nie. Stuur vir ons dadelik die inligting.
Volg ons:
Ontvang die nuutste nuus op jou foon:
WhatsApp nommer: 0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)
BBM pin: 7F7A9F13



