CrimeEditor's choiceNews

Opvolg: SAPD ondersoek voorval waarin twee mans sterf

“By dié woning het hy ‘n 50-jarige man in die huis dood geskiet waarna hy na buite gegaan het en homself geskiet het.”

Die Brakpan SAPD het by monde van kapt Joep Joubert bevestig dat ‘n geregtelike ondersoek aan die gang is en ‘n saak van moord ondersoek word na die voorval gisteraand (Donderdag) waarin twee mans dood is.

Volgens Joubert het ‘n 58-jarige man ongeveer 7.30nm na ‘n huis in Gardinerlaan gegaan.

“By dié woning het hy ‘n 50-jarige man  in die huis dood geskiet waarna hy na buite gegaan het en homself geskiet het,” het Joubert gesê.

Volgens inligting was daar ook ‘n vrou in die huis.

Beide die mans is op die toneel dood.

Die ondersoek duur voort.

Lees ook: 

Murder at Brakpan Dam: Police appeal for info

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)
BBM pin: 7F7A9F13

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button