Brandon is die nuwe Mnr Jakaranda
“Ek wil graag ‘n verskil maak in ander mense se lewens, want die persoonlike beloning wat ‘n mens ontvang van liefdadigheidswerk is vir my baie meer werd as al die geld in die wêreld.”
Brandon Riekert (19), ‘n graad-11 leerling aan Hoërskool Die Anker, het onlangs die titel van Mnr Jakaranda ontvang, tydens die Mr and Miss Jacaranda Show.
“Ek was baie verbaas gewees toe my naam afgekondig was. Ek het dit glad nie verwag nie. Dit voel nogsteeds onwerklik,” het Brandon vertel.
Brandon het ook die titel van Publiek se Keuse ontvang, en die inwoners bedank vir hulle motivering en ondersteuning tydens hierdie kompetisie.
“Voor die Jakaranda kompetisie het my lewe basies net oor een persoon gegaan – myself,” het hy vertel.
”Totdat ek begin het met liefdadigheidswerk en ook beleef het hoe gelukkig en nederig vrywilligers is; dit het my siening oor die lewe heeltemal verander.”
Hy het bygevoeg dat hy glo dat daar nog baie dinge vir hom voorlê, maar op die oomblik wil hy daarop fokus om ‘n fondsinsameling te hou vir André Martinez, wat aan kanker lei, om uit te help met die onkostes van chemoterapie.
“Ek wil graag ‘n verskil maak in ander mense se lewens, want die persoonlike beloning wat ‘n mens ontvang van liefdadigheidswerk is vir my baie meer werd as al die geld in die wêreld,” het hy gesê.



