Editor's choiceLocal newsNews

Vet pret by dié boemelaars se troue

Onder luide applous en met die troumars in die agtergrond het die stralende, uittand bruid en haar bebaarde bruidegom die saal binnegekom.

Daar was Vrydagaand groot opgewondenheid toe die boemelaarspaartjie, “Gert” en “Mienkie”, van Dalview, die groot stap geneem het om uiteindelik die knoop deur te haak.

‘n Groot groep van hul bedelaarsvriende het hulself in hul beste klere uitgevat en geduldig gesit en wag vir die bruid en bruidegom om hul opwagting te maak.

Onder luide applous en met die troumars in die agtergrond het die stralende, uittand bruid en haar bebaarde bruidegom die saal binnegekom, waarna ds Robert Geyser die twee in die eg verbind het.

Die “regte, egte” troue was egter net ‘n slim plan van die NG Kerk, Dalview, om ‘n interessante fondsinsamelingsprojek te hou.

“Gert” en “Mientjie” was eintlik die predikantspaar van die Dalview-gemeente, dr Tonie en Kobie Baderhorst, wat lekker saamgespeel het.

Die gaste was al te oulik volgens die tema aangetrek, het hulself gate uit geniet en daar is lekker bruilof gehou.

Kyk hier na meer foto’s

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button