Editor's choiceLocal newsNews

Egpaar steeds verlief na 60 jaar

“Ons was van dag een af sielsgenote wat ons huwelik op ‘n fondasie van respek en liefde gebou het.”

‘n Egpaar van die dorp wat verlede Donderdag hul 60ste huweliksherdenking gevier het, glo dat ‘n huwelik tussen twee mense net kan werk as daar ‘n oorvloed van respek en liefde is.

Alf (83) en Martie (77) Stieler het Donderdag dié groot mylpaal in hul lewe rustig in hul mooi huis in Rand Collieries gevier.

Die twee, wat beide sedert hul kinderdae inwoners van die dorp is, het mekaar ook in Brakpan ontmoet.

Alf en Martie Stieler het verlede week hul 60ste huweliksherdenking gevier.

“My ma het Alf uitgekry om elektriese werk by ons huis te doen en dit is waar ons mekaar vir die eerste keer gesien het,” het Martie vertel.

“Alf was my eerste en laaste kêrel en ek het nog nie een dag terug gekyk nie.”

Die egpaar is in Brakpan getroud tydens ‘n swierige seremonie wat deur sowat 150 gaste bygewoon is.

“Ons was van dag een af sielsgenote wat ons huwelik op ‘n fondasie van respek en liefde gebou het,” het Martie vertel.

“Ons is eintlik nog steeds verlief op mekaar. Dit is vir my so lekker om elke oggend wakker te word saam met my man.”

“Natuurlik was daar so nou en dan ‘n meningsverskil, maar dit is altyd met verdraagsaamheid uitgesorteer,” het Alf vertel.

Alf is steeds aktief betrokke by sy besigheid wat hy vir jare behartig het en glo dat dit nie ‘n goeie ding is om stil te sit en niks te doen nie.

“Nee wat, wanneer ‘n mens stil sit en niks doen nie, word jy net vinniger oud,” het hy geskerts.

Martie hou steeds haar hand in die huis en tuin en glo dat sy bevoorreg was om tuis te kon bly en self die egpaar se drie kinders te kon groot maak.

Hulle kinders is Elaine (59), Frikkie (56), en Anette (53).

Hulle het ook vier kleinkinders en drie agter kleinkinders.

Lees ook: 

Sestig jaar gelede trou aan mekaar beloof 

Mooi bene sorg vir 60 jaar se huweliksgeluk

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button