NewsSchools

Ankers se atlete en gees is tops

Hoërskool Die Anker het onlangs saam met sewe ander skole aan die Oos-Rand Engelse Interhoër te Germiston deelgeneem.

Die deelnemende skole was: Benoni High, Boksburg High, Brandwag, Germiston High, Hans Moore, Johan Jurgens en Sir Pierre van Ryneveld.

Die byeenkoms is gekenmerk deur baie goeie gees en uitstekende atletiek en daar was sowat 800 Ankers wat hul atlete op die baan aangemoedig het.

Die Ankers het hulself goed van hul taak gekwyt en het ‘n welverdiende tweede algehele plek, na Benoni High behaal.

Die Ankers was ook tweede in Geesbeker-afdeling.

Jaylene Cloete (o-14) is aangewys as die Junior Victric Lodorum vir haar prestasies in die 800m, 1500m asook die 3000m.

Lees ook: 

Die Anker wen Intertegnies vir die sesde jaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button