Wen kaartjies na die Groot Moskou-sirkus asook hotelverblyf en etes
Daar wag ‘n ongelooflike lekker prys op ‘n gesin van die dorp.

Die Groot Moskou-sirkus (Great Moscow Circus) is vanaf Vrydag, 31 Maart, tot 9 April by Carnival City te sien en ‘n gesin van vier staan ‘n kans om kaartjies daarvoor te wen.
Nie net is daar vier kaartjies op die spel nie, maar Carnival City bied ook hotelverblyf vir die gesin aan. Aandete en ontbyt is by die pakket ingesluit.
Dus wag daar ‘n onvergeetlike aand vir ‘n gesin van vier.
Met meer as 65 sirkus supersterre, insluitende die beste van Rusland en die room van die internasionale sirkus wêreld, beloof die Groot Moskou-sirkus om ‘n absolute onvergeetlike ervaring te wees.
Die snaaksste narre, akrobate wat angswekkende vertonings lewer en waaghalse wat jou na jou asem sal laat snak is maar ‘n paar dinge om na uit te sien.
Die sirkus het meer as 100 ton se toerusting saamgebring en die twee-uur program is sensasionele gesinsvermaak uit die boonste rakke.
Skryf so in vir die kompetisie:
• Stuur ‘n e-pos na brakpanherald@caxton.co.za en verduidelik in minder as 40 woorde waarom jy graag die prys wil wen.
• Dit is belangrik om jou adres en telefoonnommer te meld.
• Die kompetisie is slegs vir inwoners van Brakpan.
• Slegs een inskrywing (e-pos) per persoon sal aanvaar word.
• Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Dinsdag (28 Maart) om 9vm. Die wenner sal Woensdag bekend gemaak word.
Volg ons:



