BlogsEditor's noteOpinion

In die kollig

Leer ken Isobel van Eeden.

Isobel van Eeden (61) is onlangs verkies tot die nuwe voorsitter van die Brakpan tak van die Vroue Landbou-unie.

Sy is getroud met Gert en hulle het vier kinders, Gert van Eeden (42), Laetitia Niemandt (39), Isobel Prinsloo (38) en Marthinus van Eeden (29).

• Hoe lank is jy al ‘n lid van die VLU?

Ek is vir die afgelope jaar ‘n lid.

• Wat behels jou pligte as voorsitter van die tak.

Dit is my plig om die maandelikse vergaderings te lei en toe te sien dat elke lid dieselfde status geniet sonder om ooit kant te kies. Ek moet objektief bly met die doelstellings van die organisasie. Dit is ook belangrik om te kan organiseer en met insig te kan delegeer. Die lede moet gemaklik voel om hul probleme met my te kan bespreek en ek moet hulle vertroue waardig wees. As voorsitter moet ek ook die streeksvergaderings bywoon en die inligting dan op die maandelikse vergaderings deurgee. Dan moet ek ook die jaarlikse konferensie en kongres bywoon, wat gewoonlik baie lekker is. Werkswinkels en uitstappies moet ook gereël word sodat die lede elke maand ‘n interessante byeenkoms kan ervaar.

• Sou jy ander vroue aanraai om aan te sluit, en hoekom?

Ek sal beslis ander vroue aanraai om by ons aan te sluit. Dit is baie verrykend en jy leer ongelooflik baie. Ek het baie nuwe vriende gemaak. Ons het verkillende kompetisies elke tweede maand, maar dit is nie verpligtend nie. Ons kuier lekker saam en leer elke maand iets nuuts. Ons ruil ook idees uit.

• Wat doen jy graag in jou vryetyd?

Ek is altyd besig met die een of ander naaldwerk artikel.

• Waar is jou gunsteling vakansie plek?

Enige plek by die see.

• Kan jy sonder ‘n selfoon leef?

Dit sal baie moelik wees. Ek doen alles op my selfoon.

• Verkies jy dit om uit te eet of liewer self kos te maak?

Dit is lekker om af en toe uit te eet, maar ek verkies ‘n bord boerekos.

• Watter gereg kan jy toe oë maak sonder dat dit “flop”?

‘n Souttert. Ek eksperimenteer graag met verskillende bestanddele en dit kom altyd lekker uit.

• Het jy nog enige doelwitte wat jy graag wil bereik?

Ek wil nog eendag oorsee reis.

• Sal jy eerder in ‘n grot vol vlermuise of spinnekoppe beweeg?

Definitief eerder vlermuise. Hulle is net so bang vir my as ek vir hulle en sal hopelik oor my kop vlieg, waar spinnekoppe oral op my sal loop. Ek gril as ek net daaraan dink.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button