AfriForum wil begraafplaas regruk
Volgens Wico Swanepoel het AfriForum ’n skrywe aan die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) gerig en versoek dat die gronde dringend skoongemaak word.
Die burgerregte-organisasie, AfriForum het onlangs ondersoek na die toestand van die Brakpan Begraafplaas, in die lig van hul “Rus in Vrede-veldtog”, ingestel en het dit in ’n haglike toestand gevind.
“Daar word geen instandhoudingswerk gedoen nie. Gebrande bloekombome het op ’n hele paar grafte geval en dit beskadig. Daar is nie behoorlike veiligheidsmaatreëls in plek nie en booswigte kan maklik toegang tot die begraafplaas verkry wat vandalisme moontlik maak,” het Wico Swanepoel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Suid na afloop van die besoek gesê.

Volgens Swanepoel het AfriForum ’n skrywe aan die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) gerig en versoek dat die gronde dringend skoongemaak word.
“Munisipaliteite het ’n grondwetlike plig om begraafplase skoon te maak en te onderhou. Hul versuim om hierdie verpligting na te kom, getuig van die vlak van wanbestuur en ook hul ongeërgde houding jeens die gemeenskap,” het Swanepoel gesê.
Indien die betrokke munisipaliteite met onversorgde begraafplase nie aan AfriForum se versoeke gehoor gee nie, beplan die burgerregte-organisasie ’n nasionale begraafplaasskoonmaakaksie in Augustus.
Lees ook:
Begraafplaas rower sê “sorry ouma” toe hy vuurwapen op haar rig
Dit voel of ek my man in die steek gelaat het
Are you aware of these cemetery by-laws?
Volg ons:
Ontvang die nuutste nuus op jou foon:
WhatsApp nommer: 0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)



