Geliefde inwoner oorlede
Haar vriendelike en warm persoonlikheid het altyd uitgestraal wanneer sy geselsies met almal aangeknoop het.
’n Bekende en geliefde inwoner van die dorp is gister (Maandag) in die vroeë oggendure oorlede.
Martie Stieler (77) is Saterdag in die hospitaal met longontsteking opgeneem.
Volgens haar dogter, Elaine, het daar komplikasies ingetree en is haar ma ongeveer 12.30vm oorlede.
Die Herald het onlangs oor Martie en haar eggenoot, Alf (83), berig toe die paar hul 60ste huweliksherdenking gevier het.
Lees: Egpaar steeds verlief na 60 jaar
Die twee, wat beide sedert hul kinderdae inwoners van die dorp was, het mekaar ook in Brakpan ontmoet.
Hulle is in Brakpan getroud en het tot Martie se dood in ’n praghuis in Springsweg gewoon.
Martie, wat dankbaar was vir die feit dat sy ’n tuisteskepper kon wees en self haar kinders kon grootmaak, was ’n bekende gesig in die dorp.
Haar vriendelike en warm persoonlikheid het altyd uitgestraal wanneer sy geselsies met almal aangeknoop het.
Haar tuin en haar huis was haar trots.
Martie word deur haar man en drie kinders, Elaine Corrie (59), Frikkie Stieler (56) en Anette Hannemann (53) oorleef.
Daar is ook vier kleinkinders en drie agter kleinkinders.
Die begrafnis vind Vrydag om 12nm vanuit die NH-kerk, Brakpan Harmonie te Dirk van der Hoffweg plaas.
Volg ons:



