Organisasies maak besoeke moontlik
Erna van Vollenhoven van Dalview skryf: Ek kon so paar weke gelede met ’n geruste hart my man se graf gaan besoek.

Erna van Vollenhoven van Dalview skryf:
Ek wil baie dankie sê aan die Gemeenskap Polisiëringsforum en die AfriForum-tak van Brakpan.
Hierdie twee organisasies probeer werklik ’n verskil aan die Brakpan begraafplaas maak en hul moeite gaan nie ongesiens verby nie.
Ek kon so paar weke gelede met ’n geruste hart my man se graf gaan besoek toe die GPF-lede daar teenwoordig was. Ek sien ook dat daar darem nou nuwe hekke by die begraafplaas opgerig word.
Dit is hartseer dat ons in vrees en vieslike omstandighede ons naasbestaandes moet gaan besoek.
Ek hoop net die plek word nou vir eens en vir altyd opgeknap en veilig gemaak. Dit is vir my belangrik om nog my man se graf te besoek.
Lees ook:
AfriForum spreek probleme by begraafplaas aan
Begraafplaas rower sê “sorry ouma” toe hy vuurwapen op haar rig
Volg ons:



