CrimeNews

Man sterf in Minnebron nadat rower hom in maag skiet

Een van die drie mans het na die vrou se kant beweeg en haar handsak gegryp.

‘n 45-Jarige man is vanmiddag noodlottig gewond toe hy en ‘n vrou (ouderdom onbekend), wat saam met hom in ‘n voertuig was, deur drie rowers oorval is.

Die voorval het net voor 4nm in Davystraat, Minnebron plaasgevind.

Volgens kapt Peet van der Schyff, wat op die toneel was, het die man en die vrou by ‘n woning in Davystraat  aangekom, nadat hulle sake by ‘n bank gedoen het.

“Die vrou het bestuur en toe sy in die oprit stilhou het ‘n Wit Volkswagen Polo met drie insittendes glo by hul stilgehou,” het Van der Schyff gesê.

Een van die drie mans het na die vrou se kant beweeg en haar handsak gegryp.

Volgens van der Schyff het ‘n stoeiery eers tussen die man en die ander twee booswigte ontstaan, voordat hulle na hul voertuig terug gehardloop het.

“Een van dié rowers het egter terug beweeg na die man en twee skote op hom afgevuur,” het Van der Schyff gesê.

Die man is in die maag gewond.

Sekuriteitsbeamptes van ‘n sekuriteitsmaatskappy het  die swaar gewonde man na die Life Dalview Kliniek geneem.

“Die persoon is egter oorlede,” het Van der Schyff gesê.

‘n Grootskaalse soektog is tans aan die gang na die drie verdagtes wat in die Polo op die vlug geslaan het.

Die name van beide die oorledene en die vrou is aan die Herald bekend maar word weerhou aangesien al die naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button