CrimeNews

Inbrekers saai verwoesting by Brakpan DBV

Die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV) het gisteraand ‘n groot terugslag beleef toe diewe by die perseel ingebreek, en groot skade aangerig het.

Volgens die bestuurder van die DBV, Ming Church, is die alarmstelsel gedeaktiveer voordat die diewe die gebou heeltemal geplunder het.

Lees ook: Geweld wek kommer

Benewens die feit dat rekenaars, ‘n ketel, waaiers en kontant gesteel is, het die diewe groot verwoesting gesaai en gebreek wat hulle kon.

Volgens Church is daar ook groot skade aan die  DBV se voertuig aangerig en het die inbrekers die vermetelheid gehad om selfs die melk, wat in yskas was, te drink.

“Ons is dankbaar dat die diere onaangeraak is,” het Ming gesê.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button