NewsSchools

Die Anker skop reeks goed af

Die eerste rugby span van Die Anker het gesorg dat die dag op ’n hoë noot afgelsuit word.

Hoërskool Die Anker het Saterdag hul PUK Prestige Reeks afgeskop teen Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp.

Die dag se rugby het begin met ’n taai stryd tussen die skole se o-14a-spanne.

Die wedstryd, waarin Die Anker se Duhan du Plessis en Buks Brits uitgeblink het, het gelykop geëindig met 12 punte elk.

Die Anker se o-16a-span het ook later die dag vir ’n groot verrassing gesorg toe hul ’n oorwinning van 19-17 behaal het.

Die span het met groot trots en durf gespeel en was die hele wedstryd voor op die telbord. Branden Smith was ’n groot staatmaker vir sy span.

Lees ook: Die Anker skop stof in Hugenote se oë

Noordheuwel se eerste span het die eerste helfte met ’n sterk wind van agter gespeel en was halftyd 12-5 voor.

Die Anker het nie moed opgegee nie en in die tweede helfte verdedig soos tiere.

Met kanse wat goed benut is kon Die Anker ’n wen van 18-12 aanteken.

Corné Mulder en Armando da Camara het drieë gedruk. Mulder het ook twee strafdoele en ’n doelskop deur die pale gejaag.

Danny Keiser is aangewys as die man van die wedstryd.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button