CrimeEditor's noteNews

Huisrowers bind jong man vas, steel na hartelus

Volgens die ma (47) van die jong man was haar seun alleen in die huis ten tye van die oorval.

Drie huisrowers het Saterdagoggend in die vroeë oggendure toegang tot ’n woning in Brenthurst gekry waar hulle ’n 19-jarige jong man vasgebind het, voordat hulle die huis geplunder het.

“My seun het in sy kamer geslaap toe hy ons honde gehoor blaf het,” het die vrou vertel.

Hy het opgestaan om te gaan kyk wat aangaan en het hom toe vasgeloop in drie mans, wat toegang tot die huis verkry het deur diefwering by ’n slaapkamervenster oop te forseer.

Lees ook: Kapers probeer vrou se splinternuwe kar vat

“Die rowers het my seun op ’n bed gedwing waarna hulle sy hande en voete vasgebind het.

“Een van die mans wou weet waar die sleutels van die motorfietse, wat in die erf was, was en het ook geld geëis.

“My seun het gesê dat ek die sleutels gehad het en dat daar nie kontant in die huis was nie.”

Lees ook: Moet nie vir die man se skelmstreek val nie

Hulle het daarna ’n handdoek in sy mond gedruk waarna hulle verskeie waardevolle items uit die huis verwyder het voordat hulle op die vlug geslaan het.

“My seun kon daarin slaag om homself los te wikkel en het hulp ontbied.”

Die voorval is by die Brakpan SAPD aangemeld en word ondersoek.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button