Die landloopatlete en hul afrigter, Marinda Greyling, oefen al ’n geruimde tyd en het die vrugte van hul harde werk gepluk.
Die Anker het ’n algehele sewende plek uit sestien skole behaal. Die junior dogters het ’n negende plek behaal, die junior seuns ’n sewende plek, die senior dogters ’n agtste plek en die senior seuns ’n vierde plek.
Langasems van die span wat besonder goed gehardloop het is Tian Lotter (senior seuns), Tiaan Kriel (junior seuns), Geanne Dicks (senior dogters) en Michaela Janse van Rensburg (junior dogters).
Lees ook: Hoërskool Die Anker se rugbyspelers verbeter in die PUK-reeks
Volg ons:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



