CrimeEditor's choiceNews

‘Ouers’ wat kind by kleuterskool inskryf steel fone

Die selfone van twee personeellede van ’n kleuterskool is verlede week deur persone wat hulself voorgedoen het as ouers, wat hul kind by die skool wou inskryf, gesteel.

Volgens een van die onderwysers (27) het twee vroue en ’n man verlede Donderdagmiddag ongeveer 12.05nm by die Rainbow Kids Kleuterskool in Dalpark 6 opgedaag.

“Hulle het vir my gesê dat hulle plek soek vir ’n kind vanaf die begin van Junie en dat hulle graag die skool wou besigtig.

Lees ook: Bejaarde inwoner nooi diewe in haar huis

“Ek het hulle deur die skool geneem en een van die vroue het op ’n stadium vir water gevra.

“Daarna het hulle baie haastig geraak en is hulle na hul voertuig,” het die onderwyser gesê.

Eers nadat die drie vort is in ’n wit voertuig het die personeel agter gekom dat twee selfone gesteel is.

’n Saak is by die SAPD aangemeld en word ondersoek.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button