Local newsNews
Herinneringsdiens ter ere van Steve Marx
’n Herinneringsdiens ter ere van Steve Marx word Maandag om 10vm in die NG-kerk Dalpark gehou.
Die Herald het verlede week berig oor Marx (73) wat dood is toe hy by sy vakansiehuis in Jeffreysbaai van ’n balkon afgeval het.
Lees ook: Welbekende inwoner van Brakpan oorlede toe hy van balkon af val
Hy was vanaf 1988 tot 1993 ’n raadslid van die dorp en hy en sy eerste vrou, Gerda, was vir die 1992/93 ampstermyn die burgemeesterspaar van die dorp.
Die kerk is te Boekenhoutstraat 22, Dalpark, geleë.
Volg ons:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



