Editor's choiceNewsSchools

Broer en suster kap dit saam uit by Bokkieweek

Albei het met groot sukses by die bokkieweek weggestap.

Dit gebeur nie aldag dat broer en suster saam aan die SA Bokkieweek deelneem nie.

Dit was egter onlangs die geval toe Clarissa en Ethan Fuhri albei met groot sukses aan die toernooi, wat in Naboomspruit gehou is, deelgeneem het.

Clarissa, wat ’n leerder aan die Hoërskool Die Anker is, is verkies tot die o-14 Oos-Transvaal netbalspan wat sesde tydens die Bokkieweek geëindig het.

Lees ook: Dié Anker praat haar pad oop

Ethan, wat ’n leerder aan Laerskool Die Arend is, is verkies tot die o-13 Oos-Transvaal rugbyspan wat hul opponente flou gespeel het en goud tydens die toernooi gewen het.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button