Local newsNews

Dienslewering laat veel te wense oor

'Ons kan eintlik nie kla oor dienslewering nie want daar is geen dienslewering nie.'

Ek verwys na die brief in die Herald van 27 Julie (Swak diens en vuil plek loop hand aan hand).

Ek was ook onlangs by die lisensiekantoor om my voertuig se lisensie te hernu en my ondervinding was dieselfde as die skrywer van die brief.

Vorige aanlyn kommentaar van ander ontevrede inwoners.

Die plek sien baie sleg daarna uit en die algemene houding van almal wat daar werk laat veel te wense oor.

Ongelukkig is dit nie die enigste plek waar die standaard van dienslewering en algemene netheid skokkend is.

My suster moes haar bestuurderslisensie onlangs hernu en ek het haar vergesel aangesien sy van ‘n operasie herstel.

Talle inwoners kla oor swak dienslewering.

Ons versoek dat sy vinniger gehelp word omdat sy van ‘n groot operasie herstel het op dowe ore geval. Sy moes in groot ongemak en pyn vir ‘n baie lang tyd wag om geholpe te raak.

Van die toestand van die drop se sypaadjies praat ek nie eers nie.

Ons kan eintlik nie kla oor dienslewering nie want daar is geen dienslewering nie.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button