Jong tiener maak ’n verskil
Dié organisasie is gestig met die doel om meisies regoor die land aan te raak.
’n Tiener van die dorp, Danike van den Berg (15), het onlangs besluit dat sy reeds op ’n jong ouderdom ’n verskil wil maak deur haar droom te vervul met die stigting van ‘Jy is Genoeg’.
Dié organisasie is gestig met die doel om meisies regoor die land aan te raak deur hulle in moeilike tye te ondersteun, te motiveer en ook die wat in moeilike omstandighede grootword, by te staan.
Die goedhartige Danike het besluit om ook twee ander tieners, Kayla Borman (16) en Shevaun Nel (16) te nader en hulle deel van haar groot droom te maak.
Die drie het reeds ook hul eerste fondsinsameling ten bate van Huis Talita gehou.
Lees ook: Behoeftige kinders ontvang groot bederf
Vir die doel is ’n suksesvolle damestee by Little Italy gehou waartydens Benice en Kayla Borman as gaskunstenaars opgetree het.
Nadia Scrooby, wat die drie meisies ondersteun en ook die nodige leiding bied, het as gasspreker opgetree.
Die organisasie se eerste wins is gebruik om vir Huis Talita geskenkies te koop en om ’n glybaan vir die kinders te voorsien.
“Ons beplan om in die toekoms skole regoor die land te besoek en te netwerk met soveel meisies moontlik,” het Danike gesê.
Persone wat op een of ander wyse betrokke wil raak by ‘Jy is Genoeg’ kan vir Danike by danikevandenberg@gmail.com of by 073 919 3152 kontak.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



