MunicipalNews

Metro stel saak oor Stoffberg Duikweg

"Die dreineringstelsel is voldoende om die vloei van stormwater tydens normale reënval te hanteer."

Die Herald het die Ekurhuleni metro vir kommentaar genader nadat die Stoffberg Duikweg onlangs vir die soveelste keer ’n kolkende watermassa, wat potensiële gevaar vir motoriste inhou, geword het.

Dit is algemene kennis dat dié duikweg onbegaanbaar raak vir motoriste wanneer ’n swaar reënbui oor die dorp uitsak.

Die Herald het in Februarie berig hoe nooddienswerkers tot die redding van ’n minibusbestuurder, wat in die duikweg vasgekeer was, moes kom.

Lees: Video: Minibusbestuurder uit watermassa in duikweg gered

Die bestuurder, Richard Wamusi (33), was alleen in die voertuig maar het na bewering kort voor die voorval kinders, wat hy afgelaai het, in die minibus gehad.

Slegs ’n gedeelte van die dak was sigbaar toe nooddienswerkers op die toneel opdaag.

’n Agterruit van die minibus is uitgeslaan en ’n staalkabel is gebruik om die minibus uit te sleep. Dit was die soveelste voorval waar motoriste by dié duikweg in die moeilikheid beland het.

’n Persverklaring wat deur die media woordvoerder van die Ekurhuleni metro, Themba Gadebe uitgereik is, lees soos volg:

Die dreineringstelsel is voldoende om die vloei van stormwater tydens normale reënval te hanteer.

Met swaar reën soos dit onlangs ervaar is, is dit egter nie moontlik nie en moet daar in ag geneem word dat die stelsel 79 jaar oud is.

Ons gebruik egter CCTV-tegnologie om die presiese status van die stormwaterstelsel by Stoffberg Duikweg voortdurend te monitor en om sodoende ook gepaste maatreëls in te stel om die situasie onder beheer te hou.

Daarbenewens het ons ’n maandelikse instandhoudingstelsel om die probleem by die duikweg te hanteer.

Ons sal voortgaan met die maandelikse instandhoudingsplan totdat daar begroot kan word vir die volledige vervanging van die duikweg.

Lees: Dis hoe dit gaan met tweeling wat twee jaar gelede byna verdrink het

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Vir meer plaaslike nuus besoek Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button