CrimeEditor's choiceNews

Inbreker vlug met leë hande

’n Sekuriteitskamera het die insident vasgevang en ondersoek word ingestel.

’n Inbreker het Vrydagaand toegang tot die kantore van Cover All Hardwarde and Building Supplies in Anzac gekry, maar het uiteindelik met leë hande die hasepad gekies.

Wiekus Bothma, bestuurder van Cover All, het gesê dat een persoon (daar kon moontlik meer gewees het) ongeveer 9.45nm Vrydagaand ’n stuk van die palisade heining gebreek het om toegang tot die perseel te kry.

Lees: Hijacking suspect sought by police

“Die oortreder het daarna die dak oopgemaak waarna hy die plafon gebreek het en toegang tot die kantoor verkry het.

“Hier het hy die alarm ontkoppel en sodoende groot skade aangerig,” het Bothma gesê.

Dit is nie duidelik waarom die inbreker kort daarna op die vlug geslaan het, alvorens enigiets uit die gebou verwyder is nie.

Die voorval is by die SAPD aangemeld en word ondersoek.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button